Paulus sê in Galasiërs 6:17 :
“Ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam.”

The Living Bible vertaal vers 13, kort voor vers 17, so:
“Because of that cross my interest in all the attractive things
of the world was killed long ago,
and the world’s interest in me is also long dead.”

Dit is duidelik dat Paulus se persoonlikheid, doelstellings, en waardes,
heeltemal verander het sedert hy vir Jesus Christus ontmoet het.
Ons kyk terug na hierdie ou man wat soveel houe gevat het vir die Here,
en ons wéét hy het reg gekies.

Nou staan ek self in die kollig.
Christus se lig val op my.
Ek moet dit mooi en tydsaam oordink.

Het hierdie dinge ook al vir my waar geword:

Roem ek net oor die kruis van Jesus Christus?
Is my beheptheid met die dinge van die wêreld dood?
Natuurlik lééf ons voluit in die skepping en geníét dit!
Maar is ek dood vir dinge wat my wil oorheers, verlei en vernietig?
Het die wêreld al sy belang in my verloor, soos met Paulus hier in vers 13?
Leef ek al kompromisloos, en onversteurbaar eg en opreg?
Is ek ‘n nuwe mens?
Dra ek ook die littekens van Jesus, ter wille van Jesus?
Is ek al beledig, verneder, uitgelag, gespot, of afgekraak omdat ek die Here dien?
Weet mense dat ek die Here liefhet?
Weet hulle dit spesifiek omdat ek húlle liefhet, en raaksien, met die liefde van Jesus?

Ek moenie nou haastig wees nie.
Ek moet dit weer mooi lees, en oordink.
Het dit al van mý waar geword?

Ernest