“Iemand anders, een van sy dissipels, sê vir Hom:
“Here, laat my toe om eers terug te gaan en my pa te begrawe.”
Maar Jesus antwoord hom: “Volg My, en laat die dooies hul eie dooies begrawe.”
Matteus 8:21-22.
Jesus se woorde is nie liggewig woorde nie.
Wanneer Jesus sê: “Volg My!”,
dan nooi Hy nie bewonderaars saam met Hom nie.
Dan roep Hy dissipels, om hulle hele lewe op te offer!
Bewonderaars volg op ‘n afstand.
Hulle volg tot hulle eie voordeel.
As die pad steil word, en die eise hoog, draai hulle om.
In Matteus 8 wil die wetskenner Jesus volg.
Hy hoor egter dat Jesus nie outomatiese byvoordele bied nie.
Nou sien hy nie meer kans nie.
Ook die man wat die begrafnisreëlings wou gaan tref.
Sy pa het pas gesterf.
Hy hoor die harde woorde by Jesus dat die tyd vir die dooies nou verby is.
Dit gaan nou oor die nuwe lewe.
Dissipelskap gee alle dinge prys wat belangriker as die Here kan word,
selfs om eers jou pa te gaan begrawe.
Dit is óf dissipelskap, of niks!
Alles, of niks.
Moenie vir die Here sê “ek wil nog eers…” nie.
Ernest