“Wie na julle luister, luister na My;
Wie vir julle verwerp, verwerp My;
En wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”
Lukas 10:16.
Leonard Sweet en Frank Viola skryf in hulle boek, The Jesus Manifesto,
dat van die 100 topverkoper boeke van die Christian Booksellers Association,
meer as 50% oor die familie en gesin handel, en omtrent al die res oor die self!
Slegs 6 boeke in die topverkoper-kategorie het oor die Bybel gehandel,
net 4 direk oor Jesus, en 3 oor evangelisasie.
Hulle skryf “Personal, private and interior” het die nuwe soort geloof geword.
Geloof gaan nou al hoe meer oor die goedvoel-ervarings,
of selfverbetering programme.
As dit die geval is, het ons groot moeilikheid!
As dit in die geloof gaan oor God wat net geld, veiligheid, mag, sukses,
en gesondheid moet waarborg,
en mense moet laat goed voel oor hulleself,
dan mis ons die Here van die geloof!
Jesus se pad gaan nie oor byvoordele nie.
Sy roete is meer dikwels kruisdra.
Verlies aan status en eer.
En selfs gevaar.
Ons moet saam met Jesus op die kruispad stap.
Let op, Hy het niemand wat self aangebied het om Hom te volg,
aangemoedig nie.
Jesus het voornemende navolgers juis beveel om kosteberekening te doen.
As Jesus 72 dissipels uitstuur, hoor hulle dat dit nie gerieflik gaan wees nie.
Geloof kos alles!
Tyd. Hart. Siel.
Jesus sê nie Hy het dit teen besittings of voorspoed nie.
Maar dit is nie waarvoor jy Hom volg nie.
Dit gaan nie oor ‘n goedvoel-ervaring nie.
Ernest