Jesaja, Miga en ander profete het in besonderhede voorspel,
in verband met Jesus.
Miga 5:1 sê:
“Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein, ….
maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort.”
Honderde jare voordat die beloftes oor Jesus in vervulling gegaan het.
In Science Speaks het Pieter Stoner die moderne wetenskap van moontlikhede
op agt van die profete se beloftes ten opsigte van Jesus toegepas.
Hy sê die kans dat enige persoon al agt profesieë kon vervul,
is een in tien tot die mag 17.
Dit wil sê een kans in 100 000 000 000 000 000!
Stoner sê verder jy kan soveel dollar muntstukke,
‘n halwe meter diep oor die hele Texas strooi.
Jy kan een van die muntstukke merk, en dit met die ander deurmekaar krap.
Blindoek ‘n man, laat hom so vêr stap as wat hy wil,
en dan moet hy afbuk, die gemerkte muntstuk vind, en optel.
Wat is sy kans?
Dit is dieselfde kans wat die profete sou hê,
om agt profesieë aangaande Jesus korrek te voorspel.
En dan moes hulle die profesieë in eie wysheid neerskryf!
Ons staan in verwondering en dankbaarheid,
dat die Here God sy Seun gestuur het,
om vir ons te sterf en weer op te staan!
Maar ons kan ook juig in die grootste profeet, Jesus,
se profesie dat Hy wéér sal kom!
‘n Waarheid tot die mag oneindig!
En Hy sál heers!
Ernest