Matteus 16:13-16:
“Jesus vra toe sy dissipels:
“Wie dink die mense is Ek, die Seun van die Mens?”
“Party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia,
nog ander Jeremia, of een van die ander profete”.
Hy sê toe vir hulle:
“Wie sê julle is Ek?”
Simon Petrus het geantwoord:
“U is die Messias, die Seun van die lewende God.”

In Sesarea-Filippi was ‘n groot Romeinse tempel.
Petrus se belydenis oor Jesus vind juis hier plaas.
Sesarea-Filippi is dus ‘n simbool van ‘n gevaarlike plek
waar ons vandag uitgedaag word om te reageer op Jesus, en t.w.v. Jesus.

Jesus vra eers ‘n algemene vraag: “Wie sê die mense is Ek?”
Toe maak Hy dit persoonlik:
“Wie sê julle is Ek?”
Wie is Jesus vir jou?

‘n Christen meisie wat met ‘n Joodse man wou trou,
het aan die leraar Will Willimot gevra:
“When it comes down to it,
what is the one thing that makes Christians, Christian?”
Toe antwoord hy :
“The answer is not pot luck dinners, WWJD bracelets,
or pushy preachers. The thing that makes us who we are,
is who Jesus is!
Jesus Christ is Christianity.”

Die rede hoekom ek ‘n Christen is,
is nie maar bloot oor swak alternatiewe nie.
Net die Christendom is op genade gebou!
Alles gaan oor Jesus!
Daar is niemand soos Hy nie!

Daarom moet jou belydenis oor wie Jesus vir jou is,
altyd klop met jou lewe vir Hom!

Ernest