Die eerste goeweneur generaal van Australië, Lord Hopetoun,
het ‘n koperbeslaande grootboek van een van sy voorvaders geërf.
Sy voorouer het dit drie eeue tevore besit,
en dit in sy besigheid in Edinburgh gebruik!
Maar wat dit vir hom nog kosbaarder gemaak het,
was die inskripsie aan die binnekant van die buiteblad:
“O Heer, hou my en hierdie boek eerlik.”
John Hopetoun het besef dat hy God se hulp nodig het om sy integriteit te behou.
Eerlikheid is absoluut noodsaaklik vir integriteit.
Spreuke 10:9 sê:
“Wie opreg leef, leef sonder vrees;
Wie krom paaie loop, word uitgevind.”
Om die waarheid te verdraai, feite te weerhou, of wanvoorstellings te gee,
is oneerlik en stel in die eerste plek die Here teleur!
‘n Kind van die Here leeef opreg voor die Here en voor die mense.
Ons moet eerlik wees in al ons motiewe, in alles wat ons doen.
Eerlikheid is die eerste hoofstuk in die boek van wysheid.
Ons moet doen wat reg is, ongeag persoonlike koste.
Ons moenie “krom paaie loop nie”.
Ons het God se hulp hiervoor nodig!
Kom ons bid saam met die gebed in John Hopetoun se grootboek:
“o Heer, hou my…..eerlik.”
Ernest