Terwyl Jesus nog voor sy kruisiging by sy dissipels is,
het Hy geweet daar lê moeilike tye vir hulle voor.
Sy verraad. Sy arrestasie. Sy veroordeling. Sy kruisiging.
Na sy opstanding en hemelvaart sou hulle ook teenkanting,
vervolging en bespotting moes verduur.
Daarom gee Hy in sy laaste oomblikke by hulle,
juis dit wat hulle die nodigste gaan hê: Vrede!

“Vrede laat Ek vir julle na; My vrede gee Ek vir julle.
Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie.”
Johannes 14:27.

Vrede in die hart is die kosbaarste wat ons nodig het.

‘n Vorige Amerikaanse president, Gerald R. Ford,
skryf in sy boek “A Time To Heal”,
oor die burgeroorlog in 1948 in Griekeland.
Dit het ‘n Griekse burger laat besluit om na die VSA te emigreer.
Voordat hy weg is het hy aan sy bure gevra:
“Wat moet ek vir julle stuur wanneer ek in Amerika aanland?
Geld, klere, kos?”
“Nee”, het die bure geantwoord;
“Stuur vir ons ‘n ton gemoedsrus en vrede.”

Ons het vrede nodig.
Ons kry ware vrede net in en by ons Verlosser, Jesus Christus.
Hy alleen maak Johannes 14:27 waar.

Ernest