In Matteus 7:12 gee Jesus die goue reël:
“As daar een goue reël is waarvolgens julle moet lewe,
is dit die volgende:
Vra julle elke dag af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree.
Gaan tree dan eerste so teenoor hulle op.
As julle so leef, doen julle alles wat die Bybel van julle vra.”

Dit beteken om in jou eie skoene te leef, nie iemand anders sin nie.
Moenie so maklik ander mense oordeel nie.
Jy is nie in hulle skoene nie.
Ons hou self niks darvan om geoordeel te word nie.
Larry Dossey het gesê:
“Do good unto others because they are you!”

Wie ons in Christus is, en hoe ons dit uitleef in alle omstandighede,
help verhoudings meer as wat ons kan dink of droom.
“Goodness consists not in the outward things we do,
but in the inward things we are.” – Edwin Hubble Chapin.

Wanneer jy sukkel om die goeie in mense raak te sien,
stel Jesus volgens Matteus 7:1-6 voor dat jy daaroor bid.
Hoekom?
Jy nooi God in hierdie situasie en verhouding in.
Dit bring ‘n ander perspektief, en leiding wat Gód jou gee.
Jy begin om meer omgee en begrip te hê, en minder krities te wees.

Leef die goue reël!

Ernest