Jesus se bekende woorde van Matteus 7:13-14 tref mens,
elke keer as jy dit lees:
“Die pad wat na God se nuwe wêreld toe lei,
is baie moeilik en bitter smal.
Min mense loop daarop omdat dit groot opofferings vra.
Aan die ander kant is die pad wat na die hel toe lei,
maklik om op te loop en baie breed.
Baie mense loop daarop.
Span julle daarom in om op God se smal pad te bly stap.”
Max Lucado vertel hoe hy een keer op die verkeerde vlug beland het,
omdat hy die verkeerde skare op die lughawe gevolg het.
Hy het op Houston Texas geland, in plaas van op Denver Colorado!
Wees versigtig om net die skare te volg!
Vra jouself voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is – Efesiërs 5:10.
Die vraag is:
Op watter pad is jy?
Loop jy maar agter die skare aan?
Is jy op die smal of breë pad?
Wat is die bestemming van die pad waarop jy is?
Hoekom sal mens op die verkeerde pad bly,
as dit nie is waarheen jy wil gaan nie!?
Ernest