Mense het maklik gesê hulle sal Jesus volg, sonder om te besef wat dit vra.
In Matteus 8:19 staan daar:
“’n Skrifkenner kom toe na Hom toe en sê vir Hom:
“Leermeester, ek sal U volg, maak nie saak waarheen U gaan nie.”
Regtig?
Sal jy Jesus regtig so volg, maak nie saak waarheen Hy gaan nie.
Dietrich Bonhoeffer, wat tydens WO II vir sy geloof gesterf het,
het geskryf:
“Redding deur Jesus is gratis, maar dissipelskap gaan jou kos - jou lewe kos.”
Om jou lewe vir die Here te gee is wonderlik.
Maar juis daarom het Martin Luther ook so daaroor geskryf:
“’n Godsdiens wat niks gee, niks kos, en niks van jou vra nie, is niks werd nie.
Jy kan die Here volg, maar bereken die koste eerste,
maak eers seker of jy regtig verstaan wat dit van jou vra,
en gee dan jou alles, soos Jesus sy alles vir jou gegee het.”
Ons dink baie keer dit is soos om ‘n $ 1000 noot op die tafel te sit en te sê:
“Daar is dit! Dit is my lewe. Ek gee alles!”
Fred Craddock sê die Here stuur ons terug,
om dit om te ruil vir die kleinste geldstukkies.
En dan moet ons ons hele lewe lank dit uitdeel.
Elke dag met woorde en dade.
Om ons lewe vir die Here te gee is nie eenmalig “spectacular” nie.
Craddock sê hierdie woorde:
“It’s done in all those little acts of love, 25 cents at a time.
It would be easy to go out in a flash of glory;
It’s harder to live the Christian life little by little over the long haul.”
Dag vir dag vra dit om tree vir tree Jesus te volg en vir Hom te leef!
Maak nie saak waarheen Hy gaan nie!
Ernest