“Ek bring nie ‘n brandoffer wat my niks kos nie.”
Dawid stamel hierdie woorde in 1 Kron. 21:24.
Hy sê dit nadat God aan hom vergifnes en nog ‘n kans gegee het.
Nadat Dawid gestruikel het,
het God nogtans hierdie tragedie so laat draai,
dat die stuk grond waarop die tempel eendag gebou sou word,
steeds aangekoop is.
Glo ons nog dat God ook, t.s.v ons mislukkings en oordeelsfoute, sy doel sal bereik?
Dat God ons oordeelsfoute, tragedies, en vernederings so kan laat draai,
dat sy goeie daaruit kan voortvloei?
In die wêreld geld die reël van “sukses genereer sukses”.
Niemand voel iets vir verloorders nie.
God werk egter anders.
Hy soek nie slegs mense op met onbesproke lewens nie.
Hy sien elkeen raak wat skaars sy kop kan optel om die wêreld in die oog te kyk.
Na sulke mense steek Hy sy hand uit.
“Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.” – Ps. 34:19.
Dalk is dit op hierdie oomblik juis jý!
Weet dit: God betoon genade aan elkeen wat na Hom toe opkyk.
Hy is die God van tweede kanse!
Hy hou ons verlede nie teen ons nie.
Hy verklaar dit ongeldig aan die kruis.
Hy gee ons ‘n tweede kans, altyd,
omdat Jesus vir die uitwissing van ons foute betaal het!
Tel jou kop op, en kyk op!
Ernest