Dwight Moody, een van die bekendste predikers ooit,
Het die woorde van Henry Varley gehoor toe hy gesê het:
“The world has yet to see what God can do with, and for, and through,
and in a man, who is fully and wholly committed to Him!”

Dit het Moody net daar laat besluit:
“Ek wil daardie persoon vir die Here wees.”
Die res is geskiedenis!

Dit is dieselfde punt waar Matteus was toe die Here hom geroep het.
Matteus 9:9 in Die Boodskap:
“Los al die goed waarmee jy jouself so besig hou en kom saam met My.”

Los alles en volg Jesus.
Ons behoort dit elke dag te doen asof ons dit vir die eerste keer doen.
Dit is om elke dag die lig van Jesus deur te laat.
Soos ‘n gebrandskilderde glas, omdat Christus in jou woon!

Martin Luther het gesê:
“Christus, as U by my lewensdeur kom klop en vra:
“Wie woon hier?”, wil ek nie antwoord Martin Luther nie,
maar eerder sê: “Jesus Christus lewe hier.”

Ernest