Is jy?
Oop vir vernuwing?
Jesus het met totale vernuwing gekom.
Mense het dit baie moeilik aanvaar want “they have made-up their minds”.
Dink mooi na oor hierdie woorde:
“Is your mind made-up? Then you live alone.
Made-up minds belong to some of the loneliest people around.”
Ons hoor dit self nog erger:
“I have made up my mind, don’t confuse me with the facts.”
Daarom gebruik Jesus twee baie mooi beelde om dit aan mense te verduidelik:
“Niemand sal tog ‘n ou kledingstuk met ‘n stuk nuwe, ongekrimpte materiaal lap nie.
Die nuwe materiaal gaan immers krimp en losskeur en ‘n nog groter gat agterlaat.
Net so min gooi ‘n mens nuwe wyn in ou leersakke.
Doen jy dit tog, sal die sakke skeur en die wyn uitloop.” – Matteus 9:16-17.
Die Jode was fanaties geheg aan hul oortuigings.
Ons is dikwels nog net so!
Ons wil nie vernuwend dink en verander onder leiding van die Heilige Gees nie!
‘n Vrou het ‘n bordjie by haar huis opgesit:
“Gebed verander dinge.”
Die man het die bordjie verwyder.
Sy vrou vra hom toe:
“Glo jy dan nie aan gebed nie?”
Sy antwoord:
“Ek doen. Ek hou net nie van verandering nie!”
Paulus het die vernuwing wat van die Here kom beklemtoon in Romeine 12:
“Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe…”
Wie Jesus wil volg moet oop wees vir verandering.
Hy verander immers jou hele lewe!
Ons kan nie die nuwe van die Here op ons ou lewe plak nie!
Ons kan ook nie die nuwe lewe in die “ou-ek” ingiet nie.
My ou lewe sal nie die nuwe kan huisves nie.
Dit sal oopskeur….
Ons moet die ou manier van dink en die ou goed los.
Die Here verander alles!
Regtig!
Ernest