Vrees werk verlammend in op ‘n mens.
Die Here Jesus weet dat ons ook vrees,
en daarom spreek Hy dit aan in Matteus 10:26-28:
“Moenie vir hulle bang wees nie!
Wat Ek vir julle vertroulik sê, vertel dit vir almal.
En wat in julle ore gefluister word,
basuin dit oor die dakke uit.
Moenie bang wees vir hulle wat julle wil doodmaak nie.
Hulle kan net julle liggame doodmaak;
Aan julle innerlike kan hulle nie raak nie.”
Jesus het dit natuurlik vir sy dissipels gesê wat moes gaan getuig.
Ons moet dit ook vir vandag nog onthou, in die uitleef van ons geloof.

As jy ooit vir enige iets bang raak, volg hierdie voorbeeld van John Wesley,
die stigter van die Metodiste kerk:
“Whenever I feel fearful emotions overtaking me, I just close my eyes,
and thank God that He is still on the throne, reigning over everything,
and I take comfort in His control over all the affairs of my live.”

Wie jy is moet bepaal word deur Wie jy in hierdie wêreld raaksien,
naamlik God!
Die wêreld behoort aan God,
en dit gee ons die krag en moed om die volgende tree vorentoe te gee.
Dit maak nie saak hoe groot die druk is nie,
of hoe groot die vrees nie.
Wat regtig saakmaak is waar die druk en vrees lê.
Kom dit tussen my en God lê,
of druk dit my nader aan Hom?
Dit is wat regtig saakmaak!

Ernest