Die Israeliete en Filistyne was in oorlog teen mekaar betrokke.
Koning Saul en twee van sy afdelings het gerus by Mikmas.
Jonatan en sy wapendraer het die kamp stilletjies verlaat.
Hulle wou kyk of hulle nie iets kan doen om uit die greep van die Filistyne te kom nie.
Hulle het besef die Here “kan red, deur baie of deur min.” – 1 Sam. 14:6.
Hulle moes ‘n pad kies tussen twee hoë kranse deur.
Vyandige soldate was aan albei kante gestasioneer.
Jonatan het voorgestel hulle moet opklim na die vyand toe!
Sy wapendraer het nie ‘n oomblik gehuiwer nie.
“Net soos u wil. Ek is tot u diens.” – vers 7.
Hulle het teen die kranse uitgeklim,
en met die hulp van die Here die vyand oorwin!
Hierdie jong wapendraer het die swaar wapens teen die krans opgedra.
Hy het by Jonatan gebly.
Hy het die persone wat Jonatan gewond het doodgemaak.
Hy het nie ‘n oomblik gehuiwer om sy leier te rugsteun nie.
Ons het ook sulke wapendraers nodig in die koninkryk van God.
Mense wat leiers van gemeentes ondersteun en bystaan.
Mense wat nie die leiers alleen laat om die stryd te stry nie.
Ons moet ook lojale wapendraers vir mekaar wees,
in die geestelike stryd wat elkeen moet stry.
Deur gebed vir mekaar. En bemoediging. En omgee vir mekaar.
Wees ‘n wapendraer vir medegelowiges in die stryd!
Ernest