Wanneer ons onkruid saai kan ons nie verwag om blomme te oes nie.
Ons kan nie volhard met sondige praktyke,
en dan verwag om as oorwinnaars aan die anderkant uit te kom nie.
Dit lyk dikwels of ons van die risiko hou om sonde te doen.
Om hier en daar ‘n geestelike neerlaag te lei,
gaan ons tog nie in die hel laat beland nie.
Hoekom wil ons dikwels nie na die Here luister nie?
Dit maak tog nie sin om eenvoudig net jou eie instinkte,
wysheid en begeertes te volg nie.
Dit is dwaas en kortsigtig.

Obadja het die Edomiete ook gewaarsku dat hulle sou oes wat hulle saai.
“Wat jy gedoen het, Edom, sal aan jou gedoen word,
jou dade sal op jou eie kop afkom.” – Obadja 1:15.
Hierdie profesie is vervul.
Binne ‘n jaar nadat dit gegee is, is Edom deur nie-Joodse nasies verwoes.

Onthou die oes beginsel.
Dit is ingeweef in jou daaglikse lewe.
Dit is beide ‘n waarskuwing en ‘n belofte.
Wanneer ons die bose doen sal ons dienooreenkomstig oes.
Wanneer ons die goeie doen sal ons ook dienooreenkomstig oes.

“Moenie ‘n fout maak nie. God laat nie met Hom spot nie:
Wat mense saai, sal hulle ook oes.
Hulle wat op die land van hulle sondige geaardheid saai,
sal op grond daarvan die verderf oes,
terwyl hulle wat op die land van die Gees saai,
op grond daarvan die ewige lewe sal oes.” – Galasiërs 6:7-8.

Ernest