Geen lewe is sonder hoop nie, omdat God lewe gee!
Psalm 33:13 sê die Here kyk vanuit die hemel en sien álle mense…!
William Coper was ‘n Christen wat in die dieptes van depressie geval het.
Een baie mistige nag het hy gevra dat sy koets na hom toe gestuur word.
Die koets moes hom na die London Bridge oor die Teems rivier neem.
Hy het hom voorgeneem om daar selfmoord te pleeg.
Nadat hulle twee ure lank deur die mis gery het,
het die bestuurder van die koets erken dat hy hopeloos verdwaal het in die mis.
Cowper was hoogs ontsteld en het besluit om te voet verder te gaan.
Nadat hy ‘n hele ruk gestap het, het hy skielik ontdek dat hy voor sy huis verbyloop!
Hy het gaan staan en besef die koets het in sirkels gery.
En hy het in sirkels geloop.
Hy het God se hand in dit gesien,
en besef God is besig om met hom te praat.
Hy het besef dat hy na die Here moet kyk in sy moedeloosheid,
en nie in die rivier moes spring nie.
Hy het gaan sit en uit dankbaarheid ‘n loflied gaan skryf,
wat vandag nog, sedert die 18e eeu, gesing word!
Geen lewe is sonder hoop nie!
God gee die lewe!
Hy sien álle mense!
Hy sien jou!
Gaan na Hom!
Ernest