Psalm 30:12 sê:
“U het my van vreugde laat dans.”

Dit gaan nie oor dans as sulks nie, maar oor die vreugde van die lewe, wat jou laat dans!
Dans is ‘n manier van leef, van hoop en vreugde dra in hierdie wêreld.
Kinders van die Here dans!....want hulle tye is in God se hande – Psalm 31:16.

Daar is ‘n Engelse gesang wat sê:
“Dance then wherever you may be;
I am the Lord of the dance, said He.
And I’ll lead you all,
wherever you may be,
and I’ll lead you all in the dance, said He.”

Om met die lewe te dans, is ‘n simbool van hoe ons moet lewe.
Openlik, avontuurlik, vol vertroue in God, feesvierend voor God.
Jy kyk met ander oë na die lewe.
Jy leef uit God se oorvloed wat jy ontvang het, genade op genade.
Die Heilige Gees is die Here van die lewensdans.
Dans die lewe saam met die Gees!
Meld aan vir die dansklasse van die Gees!

Ernest