Christelike kerke in Europa gaan agteruit.
Al hoe meer mense is totaal onbetrokke by die kerk.
Sogenaamde Christen-Demokratiese partye se naam beteken al hoe minder.
Politieke partye in Europa se klem op “Christelik” word al hoe minder.
Daarom is dit verfrissend wanneer iemand, wat baie belangrik is,
sterk na vore tree met ‘n getuienis in terme van Christenskap.
Die magtigste vrou in Europa, Duitse Bondskanselier, Dr. Engela Merkel,
praat reguit oor haar Christenskap!
Sy het die sinode van die Evangelies-Lutherse Kerk in Hamburg bygewoon.
Die Berlynse dagblad “Die Welt”,
het haar gevra of sy dit as bondskanselier bygewoon het, of as Christen.
Haar antwoord was:
“So skei ek dit nie. Ek voer politiek op die grondslag van my Christelike geloof.
My geloof gee my ook die maatstawwe vir my politieke beslissings,
en nie net vir my private lewe nie.”
In ‘n tyd wat die Christelike geloof in Europa toenemend as agterlik beskou word,
kos dit groot moed vir ‘n politieke reus om sulke uitsprake te maak.
Dit laat ons ook in ons land nadink.
Die koninkryk van God is nie sinoniem met die kerk nie.
Die kerk is wel ‘n sigbare teken van die koninkryk.
Maar die koninkryk van God is veel meer omvattend!
As ons dit besef verander ons foutvinderigheid na avontuurlustigheid!
Soos Dr. Engela Merkel, moet ons ons geloof leef, daar waar ons leef!
Die koninkryk van God gebeur reg in ons midde.
Jesus sê in Lukas 17:21 “…die koninkryk van God is hier by julle.”
Die koninkryk gebeur elke keer as jy die saad oor jou saailande strooi,
daar waar jy lewe, en dit oeste voortbring!
So word God se koninkryk op geen manier in hierdie wêreld gestuit nie!
Op geen manier nie!
Ernest