Kolossense 4:5:
“Maak die beste gebruik van elke geleentheid.”
Betty Smith het gesê mens moet na alles in die lewe kyk,
asof jy dit die heel eerste of die heel laaste keer sien.
Dan sal jou tyd op aarde gevul wees met sin en betekenis.
Die sinvolheid of leegheid van jou lewe,
word gemeet aan die impak wat jy vir die Here maak,
selfs in die kleinste geleentheid wat Hy gee.
En Hy gee alle geleenthede!
Met die begin van ‘n nuwe akademiese jaar,
het die professor gesê almal moet rondom hulle iemand groet,
en leer ken, wat hulle glad nie ken nie.
Toe een van die studente omdraai om te groet, het ‘n ou tannie gesê:
“Hi, handsome. My name is Rose. I’m 87 years old.
I always dreamed of having a college education,
and now I am getting one.”
Rose het ‘n legende op die kampus geword.
Sy is selfs gevra om by die voetbal-dinee as gasspreker te praat.
Sy het wyse woorde gesê:
“We do not stop playing because we are old;
We grow old because we stop playing.”
Sy het ook vier lewensreëls met die gehoor gedeel:
Jy moet elke dag lag.
Jy moet ‘n droom hê, want dit laat jou lewe.
Enige mens kan oudword, maar nie almal groei op nie.
Mense het gewoonlik nie berou oor wat hulle gedoen het nie,
maar oor geleenthede wat hulle nagelaat het om iets te doen,
en daarom moet jy die beste gebruik maak van elke geleentheid,
en jou Godgegewe droom uitleef!
‘n Week na die gradeplegtigheid en die ontvangs van haar graad,
het Rose in haar slaap gesterf…..
Meer as 2000 studente het haar begrafnis bygewoon.
Hierdie vrou het geleer dit is nooit te laat om alles te wees wat God vir jou droom,
en wat jy saam met Hom droom nie!
God wil hier en nou, in elke geleentheid, deur jou, iets baie spesifieks doen.
Iets wat niemand anders so spesifiek soos jy sou kon doen nie.
Daarom gee Hy die geleentheid vir jou.
Maak die beste gebruik van elke geleentheid!
Ernest