Dikwels word die beste nuus in die kortste sin oorgedra!
Dink ‘n bietjie daaroor, dit is regtig so.
Sinne soos:
“Jy is aangestel.”
“Ek glo in jou.”
“Jy is in die span.”
“Geluk met die promosie.”
“Ek is lief vir jou.”
Lewens word dikwels verander deur een so ‘n kort sinnetjie.
So ‘n sin in Bybelse konteks is:
“God is vir jou.” – Romeine 8:31.
Net vier woorde.
‘n Eenvoudige boodskap.
Maar dit is lewensveranderend!
God is vir jou!
God is nie kwaad vir jou nie.
God is nie jou vyand nie.
God is nie teen jou nie.
God aanvaar jou.
God vind vreugde in jou.
God is vir jou.
As gevolg van die versoeningswerk van die Here Jesus aan die kruis,
wat volledig afgehandel is,
is jy volkome vergewe en aanvaar deur die Vader.
Jy is geklee in die regverdigmaking van Christus.
Wanneer God na jou kyk,
dan sien hy nie alles wat jy verkeerd gedoen het nie….
Hy sien alles wat Jesus aan die kruis vir jou regverdigmaking gedoen het!
God het jou lief.
God is vir jou.
Amen!
Ernest