Norman Vincent Peale is bekend vir sy “Positive Thinking” bydrae.
‘n Man het omtrent elke dag by hom gekla oor omtrent alles.
Peale het besef hy sal iets meer moet doen om die man se denke te swaai.
Hy gee toe vir die man ‘n adres van mense wat geen probleme het nie!
Hy sê toe hy het vir hulle ‘n afspraak gemaak
en hulle moet die volgende dag mekaar daar ontmoet.
Die man was baie opgewonde oor die vooruitsig om die volgende
dag die mense te ontmoet wat probleemvry lewe.
Die volgende dag het die man verbaas by die adres uit sy motor geklim.
Was hulle by die regte adres?
“Ja, dit is die enigste mense sonder probleme in hierdie lewe”, het Peale gesê.
Hulle was natuurlik by die begrafplaas!
Die man het sy lewensuitkyk verander en begin lewe!
Habakuk 3:17-18 sê:
“Al sou die vyeboom nie bot nie,…
nogtans sal ek in die Here jubel,
ek sal juig in God,
my Redder.”
Peter Hamill, ‘n lid van The Byrds, het gesê:
“Ek vra nie vir die betekenis van die lied van ‘n voël nie,
of van die sonsopkoms op ‘n mistige oggend nie.
Daar ís dit! En dit is eenvoudig só mooi! Ek omhels dit net!”
Ons is hier om die lewe te omhels en dit voluit te lééf!
Daarin ontdek jy die betekenis van die lewe!
Woody Allen het gesê:
“I can’t tell you what the meaning of life is.
But I can dance it!”
Ontdek dat die sin van die lewe daarin lê om dit voluit te lééf!
En dans dit, ook as daar probleme is.
Ernest