“My skape luister na my stem…” – Joh. 10:27.

Twee waarhede val op in die vers:

Die goeie Herder kén ons. Jy is nie ‘n nommer nie.
Hy ken en roep jou op jou naam.
En:
Die skape ken sy stem. Ons ken sy stem.
Ons weet wanneer Hy met ons praat.

Toeriste het in die Midde-Ooste op ‘n groepie herders met hul skape afgekom.
Een van die herders het na die skape gedraai en geroep: “Manah. Manah!”
Sy skape het hom dadelik gevolg. So ook met die ander herders.
Elke herder het sy skape met diesefde roep geroep,
en tog het die skape net hul spesifieke herder gevolg.
Die toeriste het probeer dat die skape hulle ook sou volg as hulle dit roep.
Geen skape het gevolg nie.

Luister fyn na die Here se stem.
Hy is jou goeie herder.
Volg Hom alleen.
Al probeer ander bronne sy stem namaak.
Onderskei die duisternis van die lig!
Die Here se stem spreek van vrede, vreugde, vergifnes, veiligheid.
Dit is die stem wat jy moet hoor en volg in hierdie wêreld.

Hoe kan jy sy stem hoor?
Lees die Woord en bid. Daar laat die Here Hom veral hoor!
As jy Hom nie daar in stilte en rustigheid ontmoet nie,
gaan jy moeilik sy stem herken en hoor in die gejaag van die lewe.

Ernest