Ons worstel dikwels met hierdie vraag.
Kan God my vergewe vir wat ek gedoen het?
Iemand in die Bybel het:
Die son en hemelliggame aanbid.
Afgodsaltare gebou in die Here se tempel.
Sy eie kinders geoffer.
Hom in waarsêery en toordery verdiep.
Geeste opgeroep en geraadpleeg.
Goëlery beoefen.
Hom verhard teen die waarskuwings van God.
Kan God so ‘n mens vergewe?
Lees net weer wat het hy gedoen…..
God het ál sy sondes vergewe!!
Dit was koning Manasse,
die seun van koning Hiskia.
Ons is dikwels self mense met ‘n tragiese geskiedenis.
Dit is vir ons moeilik om te glo dat God ons nog kan liefhê en vergewe.
Dat Hy selfs nog aan ons ‘n toekoms wil skenk.
Maar God vergewe jou as jy opreg en met berou om vergifnes vra.
Kyk wat het Manasse gedoen:
“Toe dit met hom so sleg gaan, het hy die Here sy God om genade gesmeek,
groot berou getoon voor God, en gebid.
Die Here was hom genadig en het sy smeekgebede verhoor,
en hom laat terugkom na Jerusalem, na sy koningskap toe.
Toe het Manasse geweet dat die Here God is.” 2 Kronieke 33:12-13.
Die Here vergewe hom nie net nie,
maar gee hom weer ‘n toekoms in terme van die koningskap!
God wil jou vergewe en jou ‘n nuwe toekoms saam met Hom gee!
Dit is die blye boodskap van die Evangelie van Jesus Christus!
Kom nóú na Hom toe en maak die saak uit…!
Ernest