Iemand het gesê daar is twee soorte mense in die wêreld:
“Gracekillers” en “Gracegivers”.
“Gracekillers” is hulle wat deur die lewe loop en virusse versprei sovêr hulle gaan.
Hulle het ook ‘n toksiese invloed op die mense rondom hulle.
Hulle is heeltyd teneergedruk en kla oor alles.
“Gracegivers” is hulle wat genade saai.
Mense rondom hulle beleef inspirasie en motivering.
Hulle lig mense op en dra hulle.
Jy het ‘n keuse watter een jy wil wees.
Die een leef deur die Gees, die ander nie.

‘n Vrou wat na ‘n dokter toe gegaan het, en liggaamlik niks makeer het nie,
het gereeld ‘n hele rits klagtes gehad waarna hy moes luister.
Die fout was duidelik haar negatiewe lewensuitkyk.
Die dokter het leë medisynebottels aan haar gewys,
en gesê hy het ‘n keuse wat hy daarin kan plaas.
Of toksiese gif, of helende medikasie.
Die belangrike is dat dit leeg is,
en dat hy die keuse het waarmee hy dit wil volmaak.
Hy het vir haar gesê dat sy ook, net só,’n keuse het!

Elke dag wat God vir ons gee, is soos hierdie leë bottels.
Waarmee maak jy dit vol?
Met opbouende lewegewende gedagtes.
Met lewesprekende woorde.
Met lewevullende dade.
Of:
Met afbrekende gedagtes.
Met giftige woorde.
Met toksiese dade.
Die keuse is joune!

Die dokter het toe ‘n voorskrif vir haar gegee.
Daarin het Spreuke 15:15 gestaan, net dit:
“Dit gaan altyd sleg met ‘n bedrukte mens;
die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees.”

Ernest