1 Johannes 3:18 sê dat ons nou die daad by die woord moet voeg!
“Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie,
maar moet met die daad bewys word.”

Dit is maklik om te praat oor die wêreld waarin ons leef.
Dit is ‘n ander ding om daar vir God ‘n verskil te gaan maak.
Die meeste van ons leef in soveel gerief en gemak,
en kom baie moeilik, indien ooit, uit ons gemaksone om uit te reik na mense.

Jy leef nie vir jouself nie.
Dit is die boodskap van die Bybel.
Jy leef vir God en jou medemens.
Daar is méér as jy in hierdie wêreld.
Die aarde draai om die son, nie om my nie.
William Osler het gesê:
“We are here to add what we can to life,
not to get what we can from it.”

Weet jy hoe lyk die wêreld?
Dink weer daaroor, en hou op kla en kyk wat jy uit almal kan kry.
As jy die aarde se bevolking kon verklein tot ‘n dorpie met 100 mense,
dan sou dit min of meer so lyk:
60 Asiërs, 14 Afrikane, 12 Europeërs, 8 Latyns Amerikaners,
net 5 van die VSA en Kanada, en een van die Stille Oseaan.

51 mans, 49 vroue, 82 anderskleuriges, 18 wit.
67 sal nie-Christene wees. 33 sal in naam Christene wees.
48 sou nie vrylik hulle geloof uitleef nie, uit vrees vir vervolging.

80 sou in arm substandaard gehuggies bly.
67 sou nie kon lees nie.
50 sal ondervoed wees,
en een besig om letterlik te sterf van die honger.

33 sou nie toegang tot veilige drinkwater hê nie.
24 het geen elektrisiteit,
en die 76 wat wel het kan omtrent net lig maak daarvan.
7 het toegang tot internet.
Net een het naskoolse kwalifikasie.
Een het vigs.
2 geboortes is op die punt om plaas te vind,
en een sterfte.
20 ly onder geweld en misdaad.
8 het ‘n bietjie geld.
‘n Paar het iets in die bank.
Hulle is die rykstes in die samelewing.
Hulle is óns!!

In hierdie wêreld wil God hê jy moet omgee en gee!

“The world is a beautifull place to be born into,
if you don’t mind some people dying all the time,
or some people starving all the time,
which isn’ t half so bad if it isn’t you.” - Lawrence Ferlinghetti.

Hoe staan jy met jou lewe en seëninge voor die Here,
in terme van omgee en gee in hierdie wêreld.
Sou jy selfs net nog een keer met vrymoedigheid kon kla?
Hoe moet God nie partykeer oor ons dink nie……..

Ernest