“Jesus kry toe vir Filippusen sê vir hom: “Volg My!” Johannes 1:43.
Waarheen is ‘n mens op pad as jy Jesus volg?
Gelowiges weet verseker nie altyd nie.
Die Here het dikwels vir ons die grootste verrassings net om die draai.
Hy neem ons ook dikwels uit ons gemaksone,
na waar ons nie self sou kies om te wees nie.
Hy stuur ons ook na mense en plekke wat ons nie self beplan het,
of naastenby verwag het nie.
Dit is die avontuur van dissipel van die Here te wees!
Belangrik is dat ons Jesus onvoorwaardelik vertrou,
en volg, en doen wat Hy vra.
Iemand het dit met die spel van dambord verduidelik aan studente.
Daar is drie belangrike reëls:
Jy mag nie twee skuiwe tegelyk maak nie.
Jy mag net vorentoe skuif.
Wanneer jy die laaste ry bereik,
kan jy skuif net waar jy wil.
Dit is ook drie belangrike dinge om te onthou wanneer jy Jesus volg,
het die persoon aan die studente verduidelik.
Die toepassing het die studente eers oor gesit en gesels, en toe later gesnap:
Moenie jou lewe versmoor met meer as een skuif op ‘n slag nie.
Hou die doel van jou lewe voor oë, en beweeg deurgaans vorentoe saam met Jesus.
Jy is eers waarlik vry as jy by die laaste ry uitkom,
wanneer jy God bo alles liefhet en jou naaste soos jouself!
Dietrich Bonhoeffer, die Duitse teoloog, het hieroor gesê:
“If you board the wrong train,
it is no use running along the corridor in the other direction.”
Al manier om Jesus te volg is om direk in sy voetspore te loop!
Sien jy kans?
Volg Hom met die wete:
Ek gaan vorentoe saam met Hom!
Ernest