Efesiërs 1:3 is ‘n besondere vers in terme van ons seëninge!
“God het ons in Christus geseën,
met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.”

Dink net aan die volgende:
Jy is deur God self gekies, jy is sy geliefde.
Jy is familie van God, Hy is jou Vader.
Jy is gered en vergewe, jy kan nuut leef.
Jy is ‘n burger van die hemel.
Jy is erfgenaam van God.
Jy is geseën met God se daaglikse sorg.

Andor Foldes was ‘n buitengewoon begaafde pianis.
Emil von Sauer, die begaafde pianis van Boedapest, het hom besoek.
Hy was nie net briljant nie, maar was ook die laaste leerling
van die beroemde Franz Liszt.
Von Sauer het vir Foldes gevra om vir hom te speel.
Hy het die moeilikste werke van Bach en Beethoven vir hom gespeel.
Toe hy klaar was het Von Sauer hom op sy voorkop gesoen en gesê:
“My seun, toe ek jou ouderdom was, het ek ‘n student van Liszt geword.
Na die eerste les het hy my op die voorkop gesoen en gesê:
“Pas hierdie soen goed op. Dit kom van Beethoven af.
Hy het dit vir my gegee na hy my hoor speel het. Hy het gesê pas dit goed op!”
Ek het jare gewag om hierdie heilige erfenis aan te gee, Andor.
Jy verdien dit, Andor Foldes. Pas dit goed op.”

Jesus soen jou ook op jou voorkop.
Pas jou seën op. Jy is buitengewoon spesiaal.
Abraham Heschel het gesê:
“Just to be is a blessing. Just to live is holy!”

Ernest