Psalm 1:1-2:
“Dit gaan goed met die mens wat in die woord van die Here sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink.”

Die Bybel is die verhaal van God se skepping, en sy herskepping.
Die amptelike weergawe van God se reddingsdade.
Dit gee ons insig in God se hart en gedagtes.
Ons leer iets van God se doen en late.
Wat Hom opgewonde maak en wat Hom teleurstel.
Wat hom tot aksie laat oorgaan en wat nie.

Ons leer God se wil ken in sy Woord.
Dit rig ons op die dinge daarbo waar Christus is.
Die Bybel leer ons Wie God is.
Die Bybel leer ons ook wie ons is.
Die Bybel leer ons ook wie ons vir God is.

Die Bybel is nie ‘n vraag-en-antwoord boek nie.
Dit bied nie kits resepte en maklike oplossings nie.
Die Bybel se doel is om God aan ons bekend te maak.
Nie om al ons vrae oor die lewe na die dood te beantwoord nie.
Die Bybel wil on shier en nou op God rig, nie op die hiernamaals nie.

Die Bybel vertel ook nie alles oor God nie.
God is veel groter as wat die Bybel oor Hom sê of kan sê.
Tog vertel die Bybel wat God wil hê ons moet weet,
vir ‘n verhouding met Hom, en ons medemens, en die skepping.
Daarom het ons broodnodig om God se Woord te lees.

Moenie net boeke oor die Bybel lees nie. Lees die Bybel.
Dit is die swaard van die Gees!
Die Woord van God.

Ernest