Dit klink snaaks.
Om aan God en aan mekaar te kleef.
Liefde is die Velcro wat ons en God aan mekaar laat kleef.
En ook ons en ons medemens.
Wanneer Velcro losgeskeur word maak dit ‘n lawaai.
Dit is ook die luidkeelse pyniging wat die sonde gebring het,
toe dit ons kom losskeur het,
van God af, en van mekaar af!
Jesus kom heg weer die Velcro aan ons.
Hy kom herstel die losgeskeurde Velcro.
Om aan Jesus se voete te sit en Hom te volg,
dit is al wat Hy vra.
Lees Lukas 10:41-42.
Jesus sê dit is die een ding wat nodig is.
Om aan sy voete te sit en Hom te volg.
Dit laat jou aan God kleef en leef.
Wanneer ons besef dat daar Goddelike Velcro aan ons is,
dan trek ons mense na God en na mekaar toe.
Ons word die Velcro wat verhoudings aanmekaar hou.
Ons arms is oop en ons ontvang alle mense,
en behandel hulle met liefde.
Ons word hemelse Velcro op aarde.
Ons laat mense so aan ons kleef,
dat hulle God kan sien en kan leef.
Want dit is ook ons wat aan God kleef.
Ernest