Dikwels druk die lewe swaar op ‘n mens.
Party van ons dra moeiliker daaraan as ander.
En dan voel jy sommer lus om alles te laat vaar….
Moet nooit ooit die stryd gewonne gee nie!

Hou vas aan een van die wonderlikste beloftes van die Here!
Dit staan swart op wit in Jeremia 29:11:
“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here:
voorspoed en nie teenspoed nie;
Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting.”

Onthou weer die volgende perspektiewe uit die Woord:
Die apostels het Jesus gesien en geken. Hulle praat die waarheid.
Volgelinge van Jesus sal moeilike tye ook hê.
Bou voortdurend aan jou lewe op die fondament van geloof.
Elke belofte van die Here is ‘n steen, in hierdie bouwerk van jou lewe.
Hou aan bid deur die Gees, want die Here hoor jou, verseker!
Jesus se barmhartigheid word nooit van jou weggeneem nie.
Uit twyfel wil geloof sterker opstaan, deur die Gees.

En dan, baie belangrik:
Bly in die liefde van God!
Hoe moeilik dit ookal gaan,
moet nooit ooit daaroor twyfel nie.
Hoe moeilik dit ookal gaan,
hoeveel keer jy ookal misluk,
hoe siek jy ookal word,
wie of wat jy ookal verloor,
wat ookal vir jou mag voorlê,
bly vashou aan hierdie sekerheid,
wat die Woord deur die Gees vir jou sê:
God het mý lief!

En bly daarin, sê die Woord in Judas vers 21:
“Bly in die liefde van God!”

Ernest