Oor die geboorte van Jesus Christus sê Filippense 2:6
dit so treffend in The Word on the Street:
“He took up a new role – a role well below himself…..
He became flesh, skin and bone,
He stepped down from His heavenly throne,
to His new earth-home.”
‘n Europese koning het gedurig uit sy kasteel verdwyn
en tussen sy mense gaan loop.
Sy wagte was bekommerd oor sy sekuriteit.
Hy het gesê hy kan nie sy mense regeer,
as hy nie weet hoe hulle leef nie.
Jesus weet presies hoe ons lewe op aarde is.
Hy het self ‘n mens geword.
Hy het in die gedaante van ‘n slaaf na ons gekom,
en nie soos ‘n reus nie.
Hy is in ‘n krip neergelê.
‘n Weerlose baba,
maar terselfdertyd God wat die aarde besoek!
Hy het vir altyd die mens se toekoms kom bepaal!
‘n Amerikaanse soldaat het in Swede op die bus vertel
hoe toeganklik die president van Amerika is.
Jy kan hom by die Withuis sien.
Die Sweed wat langs hom gesit het,
het op ‘n stadium in die gesprek gesê:
“Wel, hier in Swede ry die Sweedse koning
sommer saam met sy mense bus.”
Op ‘n stadium het die man afgeklim waar hy moes,
en almal op die bus het hom beleefd en vriendelik gegroet.
Die soldaat wou by die medepassasiers weet wie die man dan is?
“Die koning van Swede”, het hulle geantwoord.
Jesus het so tussen ons kom woon!
Harry Boer het gesê:
“God identifiseer met die eenvoudigste mens se probleme,
hartseer, pyn, hoop, frustrasies en vreugde.
God weet daarvan, nie omdat Hy ons gemaak het nie,
nie omdat hy alwetend is nie, maar omdat God self mens geword het.”
Dit is die boodskap van die Here se koms na hierdie wêreld.
Hy doen dit vir God, wat dit doen vir jou!
Ernest