Jesus kom na gewone mense toe.
Hy kom nie op staatsbesoek na konings toe nie.
Hy begin by skaapwagters!
“Daar was skaapwagters in daardie omgewing.
Meteens staan daar ‘n engel by hulle.” Lukas 2:8-9.
Die skaapwagters hoor eerste die boodskap!
Onthou jy nog die bekende liedjie van Joan Osborne, One of Us?
Daarin vra sy:
“As God ‘n gesig het, hoe sal dit lyk?
As jy een vraag vir God kan vra, wat sal dit wees?
Sê nou God was een van ons?
Net so menslik soos ons, ‘n vreemdeling saam met jou op die bus,
op pad huis toe.
Sou jy God graag wou sien as dit beteken dat jy dan in die hemel,
en in Jesus en die profete moet glo?
Sê nou God was een van ons?”
En dan sing sy in die refrein:
“God is great. God is good.”
Ons kan vandag positief antwoord op hierdie lied.
Hierdie groot en goeie God het inderdaad een van ons geword!
Nie as koning of politieke leier nie.
Maar as gewone mens.
Die engele bring juis die boodskap aan skaapwagters.
Die eenvoudigste mense…
Maar God stuur engele om hulle eerste te vertel.
God wys so dat Hy omgee en lief is vir almal.
Jesus sou dit met sy hele lewe kom demonstreer.
“Christmas reminds us that the Lord did not come to make a display….
God came to put himself at the disposal of those who needed Him.”
Ernest