Johannes 1:14:
“Die Woord het mens geword en onder ons kom woon….”
Die Kind van die krip, en die Here van die leë kruis,
en die leë graf, het absoluut vir altyd alles kom verander!
Hy ruk die klipharte uit ons uit en gee ons harte van vleis,
het die profeet al gesê.
Harte wat rooiwarm kan klop van liefde!
Ons verander om meer en meer soos Jesus te word!
Niks sou dieselfde bly nie!
Onthou jy nog die beskuldiging teen Jesus se volgelinge in Tessalonika?
Handelinge 17 vertel hulle het die wêreld kop onderstebo omgekeer!
Dit is wat die Christuskind eerste kom doen het.
Dit is wat Kersfees ons leer.
Jesus is hier!
God se wêreld wentel nou in ‘n nuwe baan.
Dit wentel om die Seun!
Nuwe alles!
Wanneer jy in sy wêreld instap is jy in ‘n nuwe wêreld.
‘n Wêreld waarin God oor begin met mense.
En mense begin ook oor met mense.
Nou gee mense hulleself weg.
Nou leef hulle nie meer net vir hulself nie.
Hulle skrap hulself uit die hoofrol van hulle lewe.
Jesus is nou alles, en hulle leef dat hy ook alles in almal sal word.
Dit is hulle roeping!
Kersfees word nou vir hulle 365 dae van die jaar.
Dit is wie ons nou is.
Dit is Wie ons nou gaan lewe!
Ernest