Jesus se koms na die wêreld,
het God se krag ontsluit vir elkeen wat glo.
Dit is hoe God self dit wou hê.
In Jesus openbaar God homself,
en kom gee Hy deur die Heilige Gees sy krag aan ons!
In die lig hiervan,
bid Paulus een van die mees invloedryke gebede van alle tye!
In Efesiërs 1:16 -17 bid hy dit so in die Living Bible:
“I pray for you constantly, asking God,
the glorious Father of our Lord Jesus Christ,
to give you wisdom, to see clearly and really understand,
who Christ is, and all that He has done for you.”

In vers 18 gaan Paulus verder:
“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder,
dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou,
en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis
wat Hy vir die gelowiges bestem het.”
Die Living Bible vertaal:
“I pray that your hearts will be flooded with light, so that
you can see something of the future He has called you to share.”

Dan kom hierdie treffende woorde in die gebed,
oor God se krag vir ons:
“En hoe geweldig groot sy krag is,
wat Hy uitoefen in ons wat glo.” – vers 19.
Living Bible:
“I pray that you will begin to understand,
how incredibly great His power is,
to help those who believe Him.”

Vers 19-20 beskryf dan hierdie krag van God:
“Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag,
wat Hy uitgeoefen het,
toe Hy Christus uit die dood opgewek het.”
Daarom ontvang ons in alles die volle krag van God!

Jesus het gesê:
“Ek gee vir julle my Heilige Gees.
Hy sal vir altyd by julle wees en in julle woon.”
Paulus bid dat ons nou sal begryp wat die Gees in ons kan doen.
Sonder hierdie begrip sal ons in eie krag voortstrompel.
En dit terwyl die hemelse Kragbron tot ons beskikking is.

Eien hierdie gebed vir jouself toe.
Bid dit gereeld vir jouself en ander.
En gaan lééf uit God se krag!

Ernest