In Romeine 15:14-16 skryf Paulus:
“My broers en susters, ek weet van al julle goeie eienskappe.
Julle is toegewyde mense.
Julle het ook baie kennis oor God.
Boonop help julle mekaar om te leef soos God dit wil hê.
Daarom moet julle tog nie dink dat my brief,
wat hier en daar nogal skerp is,
as kritiek teen julle bedoel is nie. Glad nie.
Ek sê maar net alles reguit wat God deur sy goedheid
van my verwag om vir julle te sê.
Hy het my aangestel as Christus Jesus se dienaar,
om onder mense te werk wat nie aan Israel behoort nie.
Dit is my taak om soos ‘n priester die goeie nuus van God aan hulle te bring.
Hulle moet soos ‘n offer voor God neergesit word,
’n offer wat God baie bly maak,
omdat die Heilige Gees hulle lewens nuutgemaak het.”

Paaulus praat nie van wat hy self gedoen of bereik het nie.
Hy praat van wat Jesus deur hom, en met hom, bereik het.
Paulus leer ons hier om nie grootkop te kry nie.
Al gee jy elke dag jou beste,
sien steeds jouself eenvoudig as ‘n instrument in die hande van die Here.

Dit is ook wat Dwight Moody gedoen het.
Dwight Moody was 17 jaar oud toe hy gewonder het of die Here hom kan gebruik…
Sy vriend, Henry Varley, het toe vir hom gesê:
“Die wêreld moet nog sien wat God kan doen,
met iemand wat 100% aan Hom gehoorsaam en toegewy is.”

Hierdie woorde het Moody so geïnspireer dat hy wêreldwyd gaan preek het.
Duisende mense het hulle tot God bekeer.
Daar word vandag nog van Moody gesê dat hy die prediker was wat
gedurende die 19e eeu die meeste invloed op mense gehad het.
Dit het vir Moody altyd in die eerste plek om die Here Jesus gegaan.
Dit is wat hy deurgaans getuig en geleef het.
Daarom kon en het die Here so wonderlik in hom, en deur hom gewerk.

Dit gaan nie oor my nie…

Ernest