Onthou jy nog die Romeine 16:19-20 kampliedjie,
wat ons altyd op jeugkampe gesing het?

“Teen hierdie tyd weet almal al van julle geloof in Christus.
Dit maak my hart sommer baie bly. Ek is regtig trots op julle.
Hou so aan. Wees verstandig wanneer dit by goeie dade kom.
Maar wees dom wanneer dit by sondes kom.
Moenie vir die sonde ‘n vastrapplek in julle lewens gee nie.
Ek het goeie nuus vir julle:
Ons wonderlike God, wat aan ons almal sy vrede gee,
gaan Satan binnekort onder julle voete fyn en flenters trap.
Tot op daardie dag sal ons Here Jesus Christus
met sy goedheid by julle wees.”

Die bekende kampliedjie was van Chris Tomlin.
Hy het Romeine 16:19-20 net so uit die Bybel geneem en dit getoonset.
Die jongmense het gedink die wysie “rock”.
Die liedjie het jou uitgedaag om anders te lewe.
Om voluit vir die Here te lewe.
Dit het gesing:
“Romans 16:19 says! Be excellent in what is good.
Be innocent of evil. And the God of Peace, will soon crush Satan….
underneath your feet.”

Dit is uitstekende raad vir die lewe.
The Message vertaal dit soos volg:
“I want you always to be smart,
making sure every “good” thing is the real thing.
Don’t be gullible in regard of smooth-talking evil.”

Wanneer ons so lewe,
staan ons uit vir die Here Jesus,
en eer ons sy Naam!

Ernest