“Julle kan God vertrou, want Hy doen altyd wat Hy beloof.
Hy self het julle uitgenooi om Jesus Christus, ons Here,
se goeie vriende te word.” – 1 Kor. 1:9.

God doen wat Hy belowe.
Hy kan absoluut vertrou word.

In die kinderverhaal van Dr Seuss is daar ‘n uittreksel uit
Horton Hatches the Egg.
Die lui voëltjie, Mayzie, wil nie haar eier uitbroei nie.
Dan sê Horton, die olifant, vir haar:
“I’ll stay and be faithfull.
I mean what I say.
I meant what I said, and I said what I meant.
An elephant is faithfull.
One hundred percent.”

So wil die verhaal vir kinders leer wat dit is om getrou te wees.
Horton, die olifant, volhard deur slegte weer, spottery,
en selfs dreigemente op sy lewe.
Hy bly getrou deur alles totdat die eier uitgebroei is.
Horton herinner nie net die kinders nie,
maar almal van ons, dat God 100% getrou is,
deur al die seisoene en omstandighede waardeur ons moet gaan.

God sal nooit ooit opgee nie.
“Julle kan God vertrou, want Hy doen altyd wat Hy beloof.”
The Message vertaal dit so:
“He will never give up on you.
Never forget that.”

Ernest