In 1 Kor.1:24-25 lees ons:
“…Hulle ken die waarheid.
As jy Christus ken, ken jy die krag wat net God kan gee,
en verstaan jy al God se planne.
Menslike dinge kan mos nie met goddelike dinge vergelyk word nie.
Om dit so te stel:
Die “domste” ding wat God volgens die wêreld kan doen,
is vêr slimmer as die heel slimste ding wat die slimste mens kan uitdink.
Al span mense al hulle kragte saam,
is dit nog nie eens ‘n druppel in die emmer teenoor God se krag nie.”

Let op die woorde:
“As jy Christus ken, ken jy die krag wat net God kan gee…”
Paulus beklemtoon dit ten opsigte van ons redding.
Redding berus nie op gevoelens of belewenisse nie.
Redding berus op die kragtige daad van God,
wat Hy deur Jesus op Golgota gedoen het.
Dit is die krag van God.
Hierdie krag van God is 24/7 beskikbaar.
Ononderbroke.
Sonder “load-sharing”!
Sedert Goeie Vrydag op Golgota,
sal jy geen kragonderbreking in Christus hê nie.
Jy sal elke dag net genade op genade ontvang.

Iemand het lank terug vir die Hollandse predikant,
Herman Kohlbrugge, gevra wanneer hy tot bekering gekom het.
Hy het geantwoord: “33 nC op Golgota.”
Dit is waar God se krag lê vir ons as mense,
en waar dit tot openbaring gekom het.

God se krag in Christus,
is ononderbroke daar vir jou!

Ernest