“Help die medegelowiges in hulle nood….”
Romeine 12:3.
Twee Amerikaanse studente, van Stanford Universiteit,
moes self hulle studiegelde betaal.
Dit was baie swaar tye en hulle maak toe ‘n plan om fondse in te samel.
Hulle nooi vir Paderewski, die beroemde pianis,
wat op toer was in die land, vir ‘n optrede.
Hulle sou die wins net so op hul studies kon betaal.
Hulle maak toe 1600 dollar.
Maar Paderewski vra toe 2000 dollar om op te tree.
Hul briljante plan het uitgeloop op ‘n mislukking!
Hulle het die hele 1600 dollar vir Paderewski gegee.
Hulle het ook ‘n skriftelike onderneming saamgegee,
om die orige 400 dollar af te betaal.
Paderewski het die onderneming opgeskeur en gesê:
“Neem uit die 1600 dollar al jul uitgawes.
Neem daarna elkeen 10% van dit wat oorbly vir jul harde werk.
Gee dan die res vir my.”
Die studente was buite hulself van vreugde.
Jare het verbygegaan, en Paderewski het die eerste minister van Pole geword.
Op ‘n stadium het dit baie swaar met Pole gegaan,
en mense het nie genoeg kos gehad om te eet nie.
Die president van Amerika het ingegryp en gehelp.
Amerika het voedsel aan Pole verskaf.
Paderewski het van Pole na Amerika gereis,
om persoonlik vir president Herbert Hoover te gaan bedank.
Hoover het geantwoord:
“Dit is alles reg meneer Paderewski.
U onthou dit seker nie,
maar u het my as ‘n student eenkeer gehelp,
juis toe dit met my baie moeilik gegaan het.”
Help die medegelowiges in hulle nood…
Ernest