Dit is hoe Job gevoel het.
Sy lewe het aan skerwe gespat en God is nêrens te vinde nie!
So beleef Job dit.
Hy verloor alles….alles!
Sy familie, sy besigheid, gesondheid, en al sy besittings.
En vir 37 hoofstukke van die boek Job sê God niks daaroor nie!
Wát doen jy dán in jou verhouding met die Here?
Jy doen wat Job gedoen het.
Hy het op die grond gaan lê en bevestig dat alles in elk geval van die Here kom.
“Sonder enige iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit.
Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.” Job 1:20-21.
Hy bely sy absolute afhanklikheid van die Here!
En die Here se genade ten spyte van alles!
En hy bly loof en prys die Here!
Moontlik?
Ja, moontlik!
Vertel vir God presies hoe jy voel.
Stort jou hart teenoor Hom uit.
Job sê in Job 7:11:
“Nee, ek kan nie stilbly nie, in my beproewing wil ek praat,
in my bitter lyding wil ek kla.”
God kan jou twyfel, woede, vrees, smart, verwarring en al jou vrae hanteer.
Dawid sê dat hy in God bly glo,
selfs toe hy gedink het dit is klaar met hom – Psalm 116:10.
Hy glo aan God.
Hy glo dat God sy gebed sal beantwoord, ten spyte van wát ookal.
Hy glo dat God hom steeds sal liefhê, al sê hy ook vir God presies hoe hy voel.
Hou vas aan God se onveranderlike karakter.
Hy is goed. Hy het jou lief.
Hy is by jou. Hy weet wat jy deurgaan.
Hy gee om.
V. Raymond Edman het gesê:
“Jy moet in die donker nooit twyfel oor wat God jou in die lig vertel het nie.”
Vertrou dat God sy beloftes sal nakom.
Omstandighede verander nie God se karakter nie!
Vertrou Hom onvoorwaardelik!
Ernest