“My liewe vriende, onthou julle nog toe ek die eerste maal daar by julle aangekom het?
Toe ek julle van God se wonderlike planne kom vertel het,
het ek nie met lang stories wat mooi klink of ingewikkelde redenasies gekom nie.
Ek het dit doelbewus eenvoudig gehou:
Ek het julle van Jesus Christus kom vertel,
die Jesus wat aan die kruis dood is.” 1 Kor. 2:1-2.
Ongeleerde eenvoudige mense,
help dikwels geleerde en slim mense om op die regte pad te kom.
Abraham Kuyper was ‘n Nederlandse predikant en briljante teoloog.
Hy het egter sy geloof verloor!
Een van sy gemeentelede was Pietje Baltus.
Sy was ‘n arm ongeskoolde vrou.
Sy het met groot hoop en vertroue in God geleef.
Sy het gebid dat Kuyper dit ook sou kry.
Op haar eenvoudige manier het sy met hom gaan praat.
So het sy in die praktyk die waar woorde van 1 Kor. 2:1-2 bevestig.
God het ‘n ongeleerde eenvoudige vrou gebruik,
om Kuyper terug te bring op die regte pad.
Hy het later ook die eerste minister van Nederland geword.
Die boodskap is eenvoudig.
Dit gaan oor Jesus wat gekruisig is.
Wat opgestaan het uit die dood.
Wat verlossing bring vir mense.
Leer dit en leef dit uit!
Hoe eenvoudig ookal…,
God werk juis só deur jou!
Ernest