Dinge gebeur nie net sommer nie.
Ons het keuses in wat ons doen.

Wanneer salm-vis honderde kilometers in strome en riviere opswem,
na waar hulle uitgebroei is, om weer daar te gaan broei,
handel hulle instinktief.
Hulle word deur ‘n onbeheerbare mag aangedryf.
Hulle kan nie anders nie.
Hulle dink nie daaroor en oefen ‘n keuse uit nie

Mense daarteenoor, is heeltemal anders.
Ons kan nie ons dade aan instink toeskryf nie.
Ons is verantwoordelik vir wat ons doen.
Ons kan nie ons eie dwaasheid die noodlot noem nie.

Meer as 2000 jaar gelede het Esegiël al in hfs. 18 vers 4 gesê:
“Al die mense behoort aan My….
Dit is die mens wat sondig wat sal sterf.”
Die Israeliete wou ook ander die blaam gee vir hul dade. 18:2.
Hulle wil die blaam op hul voorouers plaas.
Esegiël sê hulle is verkeerd.
Die goeie mens sal nie vir die sonde van sy bose seun sterf nie.
Nog minder sal ‘n opregte seun vir die sonde van sy sondige vader gestraf word.

Ongeag die situasie, of hoe ons ookal daaroor redeneer, een ding is seker:
Ons is verantwoordelik vir wat ons doen.
Al kan jy sê die bose het jou versoek, jý het nog die keuse.
Ons kan nie verskonings maak,
en die blaam op iets of iemand anders plaas nie.

Erken jou skuld en bely dit.
Plaas opnuut al jou vertroue in die Here alleen.
Hy vergewe ons ons sonde, en reinig ons van alle ongeregtigheid!
1 Joh. 1:9.

Ernest