“God sal elke sonde of lastering vergewe,
Maar lastering teen die Heilige Gees sal Hy nie vergewe nie.
Enigiemand wat iets teen My, die Seun van die Mens, sê –
dit sal daardie persoon vergewe word.
Maar wie die Heilige Gees belaster,
sal nooit vergewe word nie.” Matteus 12:31-32.

Daar is volgens Jesus ‘n sonde wat nie vergeef word nie.
Baie mense worstel met hierdie uitspraak van Jesus,
en wonder of hulle nie dalk hierdie sonde gedoen het nie.
Dit is die sonde teen die Heilige Gees.
Wat is sonde teen die Heilige Gees?

Sonde teen die Heilige Gees is wanneer iemand nie Jesus wil ken nie,
en sy lewe lank niks met Jesus te doen wil hê nie.
Met ander woorde, volhardende ongeloof in Jesus Christus!
So iemand verwerp dus lewenslank die werk van die Heilige Gees in sy lewe.
Die Heilige Gees wil jou lei in die waarheid.
Die Heilige Gees wil jou na die Here lei, om jou lewe oor te gee aan die Here,
om ‘n kind van God te word,
en onder leiding van die Heilige Gees vir Hom te lewe.
Om dit volhardend teen te staan, jou lewe lank,
is sonde teen die Heilige Gees.

William Barclay stel dit so:
“The sin against the Holy Spirit is the sin of so often and so consistently
refusing God’s will that in the end we no longer even recognize it,
even when it comes in all of its power.”
Wanneer jy lewenslank teen God is gaan jy verlore!
Jy weerstaan volhardend die werk van die Heilige Gees, lewenslank.

The Message vertaal dit so:
“If you reject the Son of Man out of some misunderstanding,
the Holy Spirit can forgive you,
but when you reject the Holy Spirit,
you’re sawing off the branch on which you’re sitting,
severing by your own perversity all connection with the One who forgives.”

Wees elke dag sensitief vir die Heilige Gees se teenwoordigheid in jou lewe.
Hy wil jou help om vir die Here te lewe.
Luister na die stem van die Heilige Gees.

Ernest