Josef was nie baie gewild nie.
Sy broers kon hom nie verdra nie, en dit is nie eers sy skuld nie.
Jakob, sy pa, trek hom voor.
Josef vermy egter nie sy broers nie, en gaan as sy pa hom na hulle stuur.
Die Here werk in Ruben se hart, sodat hulle hom nie doodmaak nie.
Die Here bly in beheer van Josef se lewe.
Josef word as slaaf verkoop en na ‘n ver land gestuur.
Sy drome is verpletter.
Later sou Josef ontdek dat dit alles nodig was om Gód se droom te laat waar word.
Josef kry swaar ter wille van God se groter plan waaroor hy geen idee het nie!

Dit gaan nog erger.
Potifar se vrou beskuldig hom, en hy land in die tronk.
Selfs daar gaan lê Josef nie, en hy kom later in bevel.
Wat is sy geheim?
Die Bybel sê God is sy geheim!
Dit is die Here se troue liefde wat Josef oorwinnend laat lewe oor sy omstandighede.
Josef vergewe uiteindelik sy broers, want hy weet nou God was deurgaans in beheer.

Daar is nogal ooreenkomste tussen Josef se lewe en die van Jesus op aarde.
Albei se Vaders het hulle lief, albei is na hul broers gestuur,
albei is sonder rede gehaat en mishandel, albei is vir silwerstukke verkoop,
albei het hul kwaaddoeners vergewe, en albei is na hul swaarkry verhef tot ‘n hoë posisie.

Onthou dat ‘n gewone mens soos Josef deur die troue liefde van die Here gedra is,
ten spyte van die haglikste omstandighede.
Die Here doen dit ook met jou.
Onthou ook dat Jesus vir jou kom ly het,
sodat jy juis nooit ooit Godverlate sal wees nie,
ongeag jou omstandighede!

Ernest