“’n Sagte antwoord laat woede bedaar;
‘n krenkende antwoord laat woede ontvlam.”
Spreuke 15:1.
Jakobus 1:19 sê ons is veronderstel om nie te gou te praat nie.
Dink mooi voor jy praat.
En ‘n sagte antwoord laat woede bedaar sê Spreuke 15:1.
Die meeste van ons sukkel om dit te doen,
veral as ons woede moet beheer.
Gideon het tydens ‘n argument met die Israeliete
‘n sagte antwoord gegee in Rigters 8.
Net nadat sy leërmag die Midianiete verslaan het,
het ‘n groep van sy landgenote hom skerp gekritiseer.
Hulle was ontsteld omdat hy hulle nie opgeroep het om
aan die geveg deel te neem nie.
Gideon reageer nie met aggressie nie.
Hy gee eerder aan hulle perspektief op die hele gebeure.
Hy komplimenteer hulle selfs en sê in 8:3:
“Ek was nie in staat om te doen wat julle gedoen het nie…”
En toe het hulle bui gesak.
Met hehulp van die Heilige Gees, en deur die Here se genade,
kan ons regtig in die moeilikste woede situasies sagte woorde spreek.
Woorde wat woede laat bedaar eerder as verder laat ontvlam.
Die feit dat jy seker is dat jy reg is, en die ander persoon verkeerd,
moenie jou woorde “harder” maak nie.
Tree versigtig en taktvol op tot eer van die Here.
Byt jou tong en beheer dit, voordat jou tong ander mense byt.
Ernest