Vergifnis is Christenskap in aksie.
Die evangelie van Jesus Christus bring die belofte van vrede en versoening.
Met God en met mekaar.
Toe Petrus vir Jesus gevra het hoeveel keer ‘n mens jou broer moet vergewe,
Het Jesus se antwoord almal verbaas:
“Sewentig maal sewe keer.” – Matteus 18:22.
Toe vertel Jesus die aangrypende en onvergeetlike verhaal
van die dienskneg wat vergifnis ontvang het,
maar geweier het om dit aan ander te betoon, in Matteus 18:23-35.

Die Here vergewe ons vrylik,
en verwag van ons om ook ander te vergewe soos Hy ons vergewe.
Deur God se genade en liefde is vergifnis altyd moontlik.

Na die Amerikaanse burgeroorlog in 1865,
was baie soldate dood, die ekonomie in chaos,
en die volk steeds polities erg verdeeld.
Twee vroue het besef die enigste oplossing is ware vergifnis.
Hulle het begin met die gebruik om Moedersdag te vier.
Hiermee wou hulle vergifnis en versoening bewerkstellig.
In 1870 het Julia Ward Howard ‘n oproep vir ‘n internasionale Moedersdag gedoen.
‘n Dag waarop vroue sou verenig in die stryd teen oorloë en geweld,
en onvergewensgesindheid in alle vorme.
‘n Paar jaar later het Anne Reeves Jarvis haar jaarlikse Moeders Vriendskapsdag begin.
Sy wou gesinne en bure weer met mekaar versoen waar vergifnis steeds uitgebly het.

Vergifnis is Christenskap in aksie.
Moenie wag om te vergewe tot jy lus voel om te vergewe nie.
Jy sal nooit op daardie punt kom nie.
Vergifnis bevry die persoon wat jy vergewe,
en dit bevry ook jouself!

Ernest