Efesiërs 3:20 sê dat God magtig is,
om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink!
God het ons baie lief en Hy hoor ons gebede.
Hy luister na ons gebede,
maar Hy beantwoord dit nie altyd presies soos ons dit vra nie.
Hy gee eerder meer en groter as wat ons dikwels bid of dink.
James Elliot het uitgereik na die Aucas in Suid-Amerika.
Hy het ‘n passie gehad om hulle na die Here te lei.
Net drie jaar tevore,in 1953, nadat hy ‘n Indiaan in ‘n hut sien sterf het,
het hy gebid dat die Here hom moet laat lewe totdat hy die evangelie
aan daardie geslag Indiane oorgedra het.
Toe sterf hy in 1956, net drie jaar later!
Hy het sekerlik nie verwag dat die Here sy gebed sou beantwoord
soos wat dit inderdaad gebeur het nie!
Hy is met ‘n spies vermoor nog voordat hy dertig jaar oud was.
Maar, hy het ook geen idee gahad hoe groot God uiteindelik sy gebed sou verhoor nie!
Sy naam was binne drie jaar dwarsoor die wêreld bekend.
Sy joernaal en geskrifte van sy werk onder die Aucas,
het baie mense uitgedaag wat geantwoord het om onder hulle te gaan sendingwerk doen.
Die evangelie sou vinniger versprei as wat hyself ooit sou kon dink of bid!
Wanneer ons gebede nie presies beantwoord word soos wat ons vra nie,
hoef ons nie moedeloos te word nie.
God verheug Hom daarin om aan ons te gee wat ons binne sy wil vra.
Maar God weet ook wat die beste vir ons is,
en daarom gee Hy dikwels anders, en meer as wat ons bid of dink.
Hoeveel méér vrymoedigheid gee dit ons nie om te bid nie!!
Ernest