Elke geleentheid, elke woord, elke daad, elke gedagte,
staan die kans om vandag die wêreld te verander waar dit grondvat.
Vra maar gerus vir die vrou in Markus 14:
Terwyl Jesus aan tafel was…
“het daar ‘n vrou gekom met ‘n albastefles egte,
baie duur nardusolie.
Sy het die fles oopgebreek,
en die inhoud daarvan op sy kop uitgegiet.” – vers 3.

Jesus het aangekondig dat mense vir altyd oor haar sal praat.
En hulle doen dit vandag nog.
Hierdie vrou het niks teruggehou nie.
Sy sal vir jou vertel hoe kosbaar elke saadjie in God se saaailand is.
Dit wat in die hemelse saailand gesaai word,
het vandag reeds groot waarde!
Gryp vandag aan om in God se koninkryk te saai.
Saai hemelse saad waar jy ookal jou spore laat.
Laat jou woorde en dade gelaai wees met Evangelie nuus!

Vandag het meer plofkrag en veranderingskrag as wat jy dink.
Gryp dit aan.
Vandag is die dag wat die Here aan jou gee!
Moenie wag vir môre nie.
Vandag kom net eenmaal op jou pad.
Môre is so onseker!
Die lewe word vandag geleef!

Ernest