Dit is wat die gelowiges in Tessalonika gedoen het!
Hulle het die wêreld omgekeer vir die Here!
Die inwoners van Tessalonika kon nie glo wat hulle beleef nie.
Wat nog meer merkwaardig is,
is die feit dat Paulus slegs ongeveer 3 weke
in die stad gewerk het, voor hy moes vlug.
In hierdie kort tydperk het ‘n geloofsgemeenskap tot stand gekom,
wat die wêreld daar omgekeer het.
Hierdie gemeente het ook in hulle geloof volhard,
lank nadat Paulus al daar weg is.
En dit ten spyte daarvan dat die mense hulle selfs geweldadig wou stilmaak.
Drie lewensveranderende beginsels was ter sprake.
Geloof, hoop, en liefde.
Paulus praat in 1 Tess. 1:2-3 van die werk van hulle geloof,
die inspanning van hulle liefde, en die volharding van hulle hoop.
Dit is ook die fondament vir elke geloofsgemeenskap in die wêreld.
‘n Vaste geloof in die Here Jesus.
Dat die Here sal terugkeer. Hoop!
En liefde.
Om radikaal lief te wees vir die Here.
En radikale liefde in nuwe verhoudings met alle mense.
Geloof, hoop en liefde bly die hartklop van die kerk.
Dit het die wêreld in Tessalonika op sy kop gekeer!
Kom ons leef ook as gelowiges hierdie oortuigings so sterk uit.
Kom ons keer die wêreld om vir die Here.
Met geloof, hoop, en liefde.
Ernest